EMPD-Mkhwanazi en nog ‘n JMPD-beampte kry borg oor ‘edelstene’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Brig. Julius Mkhwanazi van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) en ‘n beampte van die Johannesburg-metropolisie (JMPD), ook bekend as “Getuie K” is elk deur die Johannesburg-landdroshof op R5 000 borgtog vrygelaat. Hulle is die laaste twee verdagtes in die beweerde R15 m. diefstal van edelstene-saak wat Vrydag deur Opod en die TRT in hegtenis geneem is.

Lizzy Suping, woordvoerder vir die onafhanklike polisie ondersoekdirektoraat (Opod), sê die twee is deur Opod en die taktiese reaksie-eenheid (TRT) in Kensigton en Alberton afsonderlik, in hegtenis geneem. Hulle sluit aan by die ander twee beskuldigdes, Kersha Stoltz en Adriaan McKenzie, wat op 16 Julie elk op R5 000 borgtog vrygelaat is. Die vier beskuldigdes moet weer op 25 Augustus in die hof verskyn.

Volgens Opod het die verdagtes na bewering in 2023 sonder ‘n lasbrief op ‘n eiendom in Killarney toegeslaan en edelstene met ‘n geskatte waarde van R15 miljoen gekonfiskeer.

Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê die geskorste adjunkhoof van die EMPD het saam met “Getuie K” wat voorheen voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig het, vandag in die Johannesburgse-landdroshof verskyn, nadat hulle as beskuldigdes by die saak gevoeg is. Die borgtog is sonder teenkanting toegestaan. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief