KYK: Ontvoerde vrou gevind

Lees ook :

Forot: Specialised Security Services

GAUTENG. – Alex Soleil van Heerden (26) is volgens Mike Bolhuis van Specialised Security Services (SSS) op 6 Augustus gevind nadat sy Woensdagaand 5 Augustus in Northcliff, Johannesburg, ontvoer is.

Bolhuis sê Van Heerden het 18:57 met ’n Uber van Rosebank by haar woning aangekom. Nadat sy uit die voertuig geklim het, is sy glo deur minstens drie onbekende verdagtes gedwing om in ’n wit Renault-luikrugvoertuig te klim. Die Uber-bestuurder het die voorval onmiddellik by die polisie aangemeld.

Die polisie en SSS het saamgewerk op die saak. Van Heerden is vermoedelik met ‘n private ondersoeker van Pretoria getroud, wat in ontvoeringsake spesialiseer.

Volgens Yusuf Abramjee, misdaadaktivis, is Van Heerden in Vosloorus gevind en verdagtes word deur die polisie ondervra.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, het aan Nuusflits bevestig dat Van Heerden gevind is en dat een verdagte in hegtenis geneem is. Die vrou is ongedeerd met haar familie herenig. Sy was op pad huis toe in ’n Uber toe twee gewapende mans die voertuig genader het. Die mans het die bestuurder glo van sy selfoon beroof, voordat hulle die vrou gedwing het om in ’n ander voertuig te klim en weggejaag het. Nadat die voorval aan die polisie gerapporteer is het ‘n multidissiplinêre span ‘n soektog geloods. Die span het inligting ontvang, wat hulle na Sebokeng gelei het, waar ’n verdagte in hegtenis geneem is. Hy word vermoedelik met een van die voertuie verbind wat tydens die ontvoering gebruik is. Die ondersoek het voorts die span daarna na Vosloorus gelei, waar die vrou gevind is. Sy was sigbaar geskok maar ongedeerd. Die verdagte sal na verwagting binnekort op ‘n aanklag van ontvoering in die Randburg-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief