Man tronk toe nadat hy 117 tienermeisies aanlyn teiken

Lees ook :

Foto: National Crime Agency

VERENIGDE KONINKRYK. – Justin Swaddle (20) is tot twee jaar tronkstraf gevonnis nadat hy as tiener 117 meisies tussen 13 en 17 jaar oud wêreldwyd aanlyn geteiken en gemanipuleer het.

Swaddle, van Leeds, was 17 toe hy die meisies op sosialemediaplatforms geteiken het. Hy het volgens die Britse National Crime Agency (NCA) onder meer die aliasse “Epstein”, “Rugen” en “Moscow” gebruik. Swaddle het volgens ondersoekers sy slagoffers se vertroue gewen voordat hy persoonlike inligting en intieme materiaal bekom het. Hy het dié inligting daarna gebruik om hulle met verdere verspreiding of blootstelling te dreig. Die NCA het vasgestel dat hy met 117 meisies kontak gehad het, waarvan agt in die VK was. Die ondersoek het ook gewys op sy betrokkenheid by ’n aanlyn “Com”-groep waarin lede mekaar volgens owerhede probeer beïndruk het deur al hoe ernstiger vorme van mishandeling te fasiliteer.

Swaddle het in die Leeds-strafhof skuld beken op verskeie aanklagte wat met die seksuele uitbuiting van kinders en afpersing verband hou. Die ondersoek het internasionale samewerking tussen owerhede in onder meer die VK, die VSA, Kanada, Australië, Noorweë en Nieu-Seeland behels. Hy is benewens die tronkstraf ook aan ’n tienjarige bevel ter voorkoming van seksuele benadeling onderwerp en sy naam moet in die nasionale seksoortredersregister aangebring word.

Druk hier om meer te lees.

Bron: National Crime Agency (NCA)

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief