Man kry lewenslange tronkstraf vir verkragting van 84-jarige vrou

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Tshepo Majela (20) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 84-jarige vrou in Aliwal-Noord in Oktober 2023.

Volgens Luxolo Tyali van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het die vrou in haar huis geslaap, toe sy wakker geword en ’n onbekende man met ’n mes teen haar keel aangetref het. Majela het haar glo uit haar bed gesleep en haar seksueel aangerand. Die vrou het om hulp geskree, waarna hy haar aangerand en met ‘n skerp voorwerp gesteek het voordat hy gevlug het.

Die ondersoek het aanvanklik geen leidrade opgelewer nie. Majela is later in verband met ’n rooftog in hegtenis geneem en ’n DNS-monster is vir forensiese ontleding geneem. DNS-toetse het hom aan die bewyse in die verkragtingsondersoek verbind, waarna hy ook vir dié aanklag vervolg is.

Die Maletswai-streekhof het hom ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en sy besonderhede sal op die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief