Regskennisgewings wat op Vrydag 21 Augustus 2026 gepubliseer is, is nou aanlyn beskikbaar en kan gratis besigtig word.
Die volledige lys van kennisgewings vir 21 Augustus kan hier besigtig word:
Regskennisgewings vorm ’n belangrike deel van verskeie regs- en administratiewe prosesse in Suid-Afrika. Dit word onder meer gebruik om belanghebbendes, skuldeisers en lede van die publiek amptelik van bepaalde prosesse of voorgenome handelinge in kennis te stel.
Afhangend van die wetlike vereistes kan kennisgewings verband hou met onder meer bestorwe boedels, insolvensies, likwidasies, die verkoop van ondernemings, omgewingsprosesse en ander statutêre aangeleenthede.
By bestorwe boedels word kennisgewings byvoorbeeld gebruik om skuldeisers en ander persone met eise teen ’n boedel die geleentheid te gee om hul eise binne ’n bepaalde tydperk in te dien. Kennisgewings kan ook gepubliseer word wanneer ’n likwidasie- en distribusierekening vir inspeksie beskikbaar gestel word.
Legal Notice Publishing help met die plasing van statutêre regskennisgewings in Nuusflits en, waar nodig, die Staatskoerant (Government Gazette).
Die diens sluit die hantering van die publikasieproses en die verskaffing van bewys van publikasie in. Stuur ‘n e-pos aan [email protected].
Alle regskennisgewings wat op 21 Augustus 2026 beskikbaar gestel is, kan op Nuusflits besigtig word.





