4-jarige dood in Winburg-begraafplaas gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – ’n 4-jarige seun is Vrydag dood, met verskeie beserings aan sy kop en liggaam, in ’n begraafplaas in Winburg gevind.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Palesa Thabana, is Rethabile Lefa Jafta Donderdag as vermis aangemeld. ’n Soektog na hom is van stapel gestuur.

Die polisie is na die begraafplaas in Valkop, naby die Phahameng- informele nedersetting ontbied, nadat lede van die gemeenskap op die kind se liggaam afgekom het. Rethabile is op die toneel dood verklaar en sy naasbestaandes het hom positief geïdentifiseer. ’n Swart T-hemp is langs sy liggaam gevind. ‘n Moordsaak word ondersoek. Die motief vir die misdaad is nog onbekend en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom. S.sers. Liezel van der Westhuizen kan by 082 466 7678 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief