Nuusflits se regskennisgewings vir Vrydag 14 Augustus 2026 is gepubliseer en is aanlyn beskikbaar vir die publiek om te besigtig.
Alle regskennisgewings wat op Nuusflits gepubliseer word, word geïndekseer en kan maklik aanlyn opgespoor word. Dit beteken dat ’n kennisgewing nie bloot op ’n bepaalde dag verskyn en daarna verdwyn nie, maar dat daar ’n digitale rekord van die publikasie beskikbaar bly.
Kliënte van Legal Notice Publishing ontvang ook ná publikasie ’n Verified Publication Record (VPR) as bewys dat die kennisgewing gepubliseer is. Dié publikasiebewys is tydgestempel en bevat ’n unieke QR-kode wat direk na die gepubliseerde kennisgewing verwys.
Digitale argief vir regskennisgewings
’n Verdere stap in die digitalisering van regskennisgewings is die ontwikkeling van ’n aanlyn argief waar gepubliseerde uitgawes in ’n klikbare flipboek-formaat besigtig kan word.
Die argief bied toegang tot vorige uitgawes en skep ’n verdere digitale rekord van regskennisgewings wat reeds gepubliseer is.
Die argief kan by www.legalnoticepublishing.co.za besigtig word.
Onafhanklike nasionale aanlyn koerant
Nuusflits is ’n onafhanklike nasionale aanlyn koerant en ’n lid van die Persraad van Suid-Afrika.
Deur regskennisgewings op ’n aanlyn nuusplatform te publiseer, kan lede van die publiek die kennisgewings maklik opspoor, lees en deel. Die digitale publikasieproses skep terselfdertyd ’n duidelike en naspeurbare rekord van publikasie.
Vandag se gepubliseerde regskennisgewings kan hier besigtig word: https://www.nuusflits.com/legalnotices