Brekende Nuus
Afrikaans

Toetse in Kongo bevestig siekte as malaria

Toetse in Kongo bevestig siekte as malaria

fotokrediet: Canva
Toetse in Kongo bevestig siekte as malaria fotokrediet: Canva

KONGO. – Laboratoriumtoetse het bevestig die “onbekende” siekte wat sowat 52 mense in die Republiek die Kongo doodgemaak het, was malaria.

Lees ook: Sowat 50 mense sterf skielik in Kongo aan onbekende siekte

Sowat 943 mense het siek geraak en 52 is dood sedert die begin van die jaar, sommige net 48 uur na hulle simptome begin toon het.

Gesondheidsowerhede het verlede maand gesê die siekte is moontlik malaria of voedselvergiftiging.

In Desember 2024 was daar ook ’n uitbraak van malaria in die Kongo.

Bronne: TimesLIVE, SABC, DevDiscourse

Lees ook: Sowat 50 mense sterf skielik in Kongo aan onbekende siekte