Sowat 50 mense sterf skielik in Kongo aan onbekende siekte

Lees ook :

Sowat 50 mense skielik dood in Republiek die Kongo aan onbekende siekte fotokrediet: Canva

REPUBLIEK DIE KONGO. – Sowat 50 mense is skielik in die Republiek die Kongo oorlede aan ‘n onbekende siekte. Volgens die WGO en dokters in die Republiek die Kongo het mense ure na hulle simptome begin toon het, gesterf.

Lees ook: Pasiënte met onbekende siekte in Kongo toets ook positief vir malaria

Die meeste mense is dood in die 48 uur na hulle simptome begin het.

Owerhede glo die uitbraak van die siekte het op 21 Januarie begin. Net vanaf Maandag is 419 gevalle, met 53 sterftes, aangemeld.

Volgens die WGO het die eerste uitbraak in Boloko begin na drie kinders ‘n dooie vlermuis geëet het. Hulle is binne 48 uur dood na hulle ‘n koors met bloeding, hoofpyn, gewrigspyn en ander simptome ontwikkel het.

Die siekte het op 9 Februarie na Bomate versprei, waarna monsters van 13 gevalle vir toetse gestuur is. Toetse vir Ebola, en ander hemoragiese siektes soos Marburg, was negatief, alhoewel van die monsters positief vir malaria getoets het.

Bronne: Daily Mail, Euronews, Los Angeles Times

Lees ook: Pasiënte met onbekende siekte in Kongo toets ook positief vir malaria

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief