Brekende Nuus
Afrikaans

Amerikaanse pastoor glo tydens kerkdiens in Motherwell ontvoer

Amerikaanse pastoor glo ontvoer tydens kerkdiens in Motherwell

fotokrediet; X
Amerikaanse pastoor glo ontvoer tydens kerkdiens in Motherwell fotokrediet; X

MOTHERWELL. – ’n Amerikaanse pastoor is glo gister (Donderdag) by sy kerk tydens ’n diens in Motherwell ontvoer.

Lees ook: China verhoog handelstariewe op VSA-goedere

Pastoor Josh Sullivan is glo gister deur vier gewapende manlike verdagtes ontvoer. Die verdagtes het na bewering by die kerk ingestorm, twee selfone gesteel en toe op die vlug geslaan met Sullivan.

Die saak word nog ondersoek en Sullivan is nog nie gevind nie.

*Volgens OFM het die Valke die ondersoek aangaande die ontvoering oorgeneem. Josh Sullivan is glo in sy eie voertuig van die toneel weggeneem.

Bronne: EWN, Algoa FM, Daily Maverick

Lees ook: China verhoog handelstariewe op VSA-goedere

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].