Brekende Nuus
Afrikaans

Liggame gevind ná vliegtuigongeluk

Liggame gevind ná vliegtuigongeluk

fotokrediet: X
Liggame gevind ná vliegtuigongeluk fotokrediet: X

AHMEDABAD, INDIЁ. – ’n Vliegtuig van Air India, wat vanoggend op pad was na Gatwick, Londen, het neergestort kort nadat dit die lughawe verlaat het.

Lees ook: Vliegtuig met sowat 240 passasiers in ongeluk kort ná opstyging

Die Boeing 787 het in ’n woongebied geval. Daar was 242 persone in die vliegtuig. Altesaam 30 mense se liggame is in die gebou gevind waarop die vliegtuig geval het.

Meer as 100 liggame is na ’n hospitaal in Ahmedabad geneem. Die presiese dodetal is nog nie bekend nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar dit word ondersoek.

Bronne: The Independent, BBC, Hindustan Times

Lees ook: Vliegtuig met sowat 240 passasiers in ongeluk kort ná opstyging