Brekende Nuus
Afrikaans

Trump eis Iran moet kernooreenkoms aangaan ‘voor dit te laat is’

Trump eis Iran moet kernooreenkoms maak ‘voor dit te laat is’

fotokrediet: X
Trump eis Iran moet kernooreenkoms maak ‘voor dit te laat is’ fotokrediet: X

VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Iran aangemoedig om ’n ooreenkoms oor sy kernprogram met die VSA te bereik“ voor dit te laat is”. Hy het gesê hy het Teheran “kans na kans” gegee om ’n ooreenkoms te bereik voor die “volgende aanvalle”.

Lees ook: Iran begin met weerwraak ná Israeliese aanval op kernaanlegte

Dit volg na Israel oornag Iran se kernaanlegte aangeval het en wetenskaplikes en militêre leiers gedood is om die “bedreiging” van Iran se kernprogram uit te wis.

Iran se minister van buitelandse sake, Abbas Araghchi, het die aanval as ’n “verklaring van oorlog” in ’n brief aan die VN beskryf. Iran se weermag het intussen uit weerwraak hommeltuie na Israel begin stuur.

Kommer heers oor die moontlikheid van ’n volskaalse oorlog in die Midde-Ooste oor Israel se aanval.

Bronne: BBC, The Straits Times, The Sun

Lees ook: Iran begin met weerwraak ná Israeliese aanval op kernaanlegte