LONDEN. – Sanger Chris Brown het onskuldig gepleit op ’n klag van aanranding om ernstige skade te berokken nadat hy glo twee jaar gelede iemand met ’n bottel in ’n Londense nagklub geslaan het.
Lees ook: Verdagte word gesoek ná skietery op susters
Brown en sy mede-beskuldigde, Omololu Akinlolu, het glo musiekvervaardiger Abe Diaw in 2023 met ’n drankbottel aangeval. Albei het onskuldig gepleit op die aanklag van aanranding met die doel om ernstige besering te veroorsaak. Brown word ook aangekla van aanranding en die besit van ’n wapen – die drankbottel – maar hy sal later ’n pleit indien vir daardie aanklagtes.
Hy is verlede maand in hegtenis geneem by ’n hotel in Manchester toe hy in Londen was om op te tree. Brown kan ’n vonnis van tussen twee en 16 jaar opgelê word as hy skuldig bevind word.
Bronne: BBC, CBC, NBC News
Lees ook: Verdagte word gesoek ná skietery op susters