Brekende Nuus
Afrikaans

Ma en dogter (2) vermoor, verdagtes in hegtenis

Ma en dogter (2) vermoor, verdagtes in hegtenis

fotokrediet: Canva
Ma en dogter (2) vermoor, verdagtes in hegtenis fotokrediet: Canva

THOHOYANDOU. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op ’n ma en dogter (2) wat op 19 Mei as vermis aangemeld is.

Lees ook: Ghislaine Maxwell na tronk in Texas geskuif

Die verdagtes, een glo die kêrel van die ontslape vrou, is in hegtenis geneem nadat die liggame van die ma en dogter op 30 Julie onthoof gevind is. Die verdagtes het gister in die Vuwani-landdroshof verskyn en sal in aanhouding bly tot die saak weer op 12 Augustus voorkom.

Die motief vir die moord is onbekend.

Bronne: SAPD

Lees ook: Ghislaine Maxwell na tronk in Texas geskuif