TEXAS, VSA. – Ghislaine Maxwell is vanaf ‘n tronk in Florida na ’n minimumsekuriteit-tronk in Texas geskuif.
Lees ook: Virginia Giuffre se familie vra dat Trump nie Ghislaine Maxwell vryspreek nie
Dit volg ná Maxwell die hoogste hof gevra het om haar skuldbevinding om te keer en Trump gevra het om haar vry te spreek of te begenadig in ruil vir getuienis oor Jeffrey Epstein.
Maxwell het in Julie twee keer met die VSA se adjunk-prokureur-generaal vergader, maar wat bespreek is, is onbekend.
Dit is onbekend hoekom Maxwell na ’n ander tronk geskuif is.
Die familie van Virginia Giuffre het in ’n verklaring die “voortrek” van Maxwell veroordeel en gesê sy is geskuif “sonder enige kennisgewing aan haar slagoffers”.
Bronne: BBC, The Independent, New York Times
Lees ook: Virginia Giuffre se familie vra dat Trump nie Ghislaine Maxwell vryspreek nie





