Brekende Nuus
Afrikaans

Eerste menslike geval van vleesetende beesbrommerparasiet in VSA bevestig

Eerste menslike geval van vleesetende beesbrommerparasiet in VSA bevestig
fotokrediet: X
Eerste menslike geval van vleesetende beesbrommerparasiet in VSA bevestig fotokrediet: X

VSA. – Owerhede van die departement van gesondheid en menslike wetenskappe in die VSA het gesê die eerste geval van ’n vleesetende beesbrommerparasiet (Cochliomyia hominivorax) in ‘n mens is op 4 Augustus bevestig.

Lees ook: Families van gyselaars betoog in Israel

Dié parasitiese besmetting van vlieglarwes of maaiers, wat deur parasitiese vlieë veroorsaak word, is gevind in iemand wat onlangs na El Salvador gereis het.

Die parasiet word gewoonlik in diere gevind, maar mense, veral as hulle oop wonde het, loop gevaar om met die parasiet besmet te word as hulle na Suid-Amerika of die Karibiese Eilande reis.

Die sentrum vir siektebeheer en voorkoming ondersoek die geval.

Bronne: BBC, PEOPLE, NBC News

Lees ook: Families van gyselaars betoog in Israel