Brekende Nuus
Afrikaans

VSA-huis van verteenwoordigers moet stem oor Epstein-dokumente

Stem vind volgende week plaas om te besluit of alle Epstein-dokumente vrygestel word

fotokrediet: X
Stem vind volgende week plaas om te besluit of alle Epstein-dokumente vrygestel word fotokrediet: X

VSA. – Die huis van verteenwoordigers in Amerika gaan volgende week stem oor ‘n wetsontwerp genaamd die Epstein Files Transparency-wet.

Lees ook: Huisoorsigkomitee stel 20 000 dokumente aangaande Jeffrey Epstein vry

Die doel van die wet is om die justisiedepartement te dwing om alle ongeklasifiseerde rekords, dokumente, kommunikasie en ondersoekmateriaal aangaande Jeffrey Epstein vry te stel.

Speaker Mike Johnson het gesê hulle het die 218 handtekeninge wat hulle nodig gehad het om ‘n stemming af te dwing.

Dit volg nadat die oorsigkomitee van die huis van verteenwoordigers Woensdag 20 000 dokumente verwant aan Jeffrey Epstein vrygestel het.

Van die dokumente het ingesluit e-posse waarin Epstein gesinspeel het Trump weet van die meisies wat hy misbruik het. Trump het op sosiale media gesê die e-posse is ‘n “leuen”. Volgens die Withuis “bewys die e-posse letterlik niks”.

Bronne: BBC, CNN, PBS

Lees ook: Huisoorsigkomitee stel 20 000 dokumente aangaande Jeffrey Epstein vry