Brekende Nuus
Afrikaans

Ongeluk tussen 5 voertuie veroorsaak sterftes en beserings

Foto: LIMPOPO Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid
Foto: LIMPOPO Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid

LIMPOPO – ‘n Ongeluk tussen twee vragmotors, ‘n sedan, ‘n bakkie en ‘n minibustaxi het Vrydag ná 17:00 die N1 Noord naby Makhado tot ‘n stilstand gebring.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid het bevestig dat die kop-aan-kop-botsing, sowat ses kilometer vanaf Makhado, moontlik weens oormatige spoed en verlies van beheer was.

Nooddienspersoneel en verkeersbeamptes was op die toneel waar insittendes gesterf en beseer is. Die N1 Noord was vir alle verkeer gesluit, terwyl die wrakke verwyder en ’n volledige ondersoek gedoen is. Motoriste was verplig om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Alle betrokke rolspelers, insluitend die SAPD, nooddienste en plaaslike owerhede, was teenwoordig. Verdere besonderhede sal bekend gemaak word sodra beskikbaar.