Brekende Nuus
Afrikaans

Tweede vlieënier in helikopterbotsing oorlede

Tweede vlieënier in helikopter-botsing oorlede

fotokrediet: X
Tweede vlieënier in helikopter-botsing oorlede fotokrediet: X

NEW JERSEY, VSA. – Die tweede vlieënier in Sondag se botsing tussen twee helikopters in Hammonton, New Jersey, is gister oorlede.

Lees ook: Vlieënier dood nadat 2 helikopters in VSA bots

Vlieënier Kenneth L. Kirsch (65) het gister in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die ander vlieënier, Michael Greenberg (71), is Sondag op die ongelukstoneel oorlede.

Volgens die Federale Lugvaartadministrasie was die vlieëniers die enigste persone in die helikopters tydens die botsing.

Die helikopters het naby die Hammonton-lughawe gebots. Die oorsaak van die botsing word nog deur die Nasionale Vervoerveiligheidsraad en Federale Lugvaartadministrasie ondersoek.

Bronne: BBC, CNN, CBC

Lees ook: Vlieënier dood nadat 2 helikopters in VSA bots