Brekende Nuus
Afrikaans

Tiener verdrink op Nuwejaar

'n Tiener het Nuwejaarsmiddag op 'n strand in KwaZulu-Natal verdrink.

Foto: ALS Paramedics
Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Tiener, vermoedelik 16 jaar oud, het Nuwejaarsmiddag op Piratesstrand verdrink.

Volgens ALS Paramedics het hulle net na 14:00 saam met Netcare911 op ‘n oproep van ‘n verdrinking reageer.

Met aankoms op die toneel was lewensredders en Durban se soek-en-reddingspersoneel besig om KPR toe te pas. Ten spyte van alle pogings saam met ‘n dokter wat van diens was, het die tiener op die toneel gesterf.

Na bewering is twee tieners deur die see meegesleur. Lewensredders was na hulle op soek.

Omstandighede wat tot die verdrinking gelei het, is onbekend, maar die polisie was op die toneel teenwoordig en sal die voorval ondersoek.

Bron: ALS Paramedics