Brekende Nuus
Afrikaans

Tienerseun sterf nadat hy van rotse in see duik

'n Tienerseun wat op Vishoekstrand van die rotse die see ingeduik het, het gesterf.

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Tienerseun (15) het Sondag gesterf nadat hy van die rotse by Vishoekstrand die see ingeduik het.

Volgens die NSRI is die Stad Kaapstad deur lewensredders van hulle KPR-pogings op ‘n tienerseun wat hulle uit die water gered het, ingelig.

Verskeie rolspelers, insluitende die polisie en nooddienste, is geaktiveer terwyl die NSRI in Simonstad op bystand geplaas is.

Nooddienste het die lewensredders met KPR bygestaan, maar die tiener is dood verklaar.

‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geregistreer.