Brekende Nuus
Afrikaans

Pick n Pay herroep drie handelsmerke grondboontjiebotter

Die winkelgroep het na bewering reeds samesprekings met die Nasionale Verbruikerskommissie en die Departement van Gesondheid gehad.

Grondboontjiebotter word deur Pick n Pay herroep. Foto: Pick a Pay
Grondboontjiebotter word deur Pick n Pay herroep. Foto: Pick a Pay

SUID-AFRIKA. – Die winkelgroep Pick n Pay het Saterdag drie handelsmerke grondboontjiebotter weens gesondheidsredes van hulle rakke herroep.

Die handelsmerke is die No Name Smooth, Eden Smooth en Eden Crunch.

Volgens Pick a Pay het standaardtoetse gevind die grondboontjiebotter bevat hoër as die toegelate hoeveelheid aflatoksien (gifstof wat deur sekere soorte muf afgeskei word), wat negatiewe gesondheidsgevolge vir gebruikers kan hê.

Hulle het na bewering reeds samesprekings met die Nasionale Verbruikerskommissie en die Departement van Gesondheid gehad.

Volgens die Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming kan aflatoksienvergiftiging tot lewerversaking lei.

Klante is aangemoedig om die produkte na die winkels terug te neem en ’n volle terugbetaling te vra indien die vervaldatum tussen nou en Julie 2025 is.

Bronne: Pick n Pay, IOL, ENCA, Sowetan Live