Brekende Nuus
Afrikaans

Twee verdagtes in AKA-moord verskyn vandag in hof

Die polisie is besig om te werk aan hulle uitlewering, maar hulle prokureur het gesê hulle het nog nie ‘n uitleweringsaansoek ontvang nie.

Twee verdagtes in AKA-moord verskyn vandag in hof

fotokrediet: X
Twee verdagtes in AKA-moord verskyn vandag in hof fotokrediet: X

Lees ook: AKA se pa glo meesterbrein wat moorde beplan het is nog los

ESWATINI. – Die twee verdagtes wat in Eswatini in hegtenis geneem is vir hulle rol in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane verskyn vandag in die Manzini-landdroshof.

Siyabonga en Malusi Ndimande is in Februarie in Sone 4 in Eswatini in hegtenis geneem vir ‘n ander moord in Durban. Hulle was ook onwettig in die land.

Die polisie is besig om te werk aan hulle uitlewering, maar volgens hulle prokureur het hulle nog nie ‘n uitleweringsaansoek ontvang nie.

Vyf van die sewe verdagtes het verlede week in die hof verskyn waar die saak uitgestel is tot 6 Maart vir borgaansoekprosesse. Die landdros het gesê die saak sal vir 14 Maart tot 18 en 19 Maart uitgestel word en dan weer tot 27 Maart.

Bronne: SABC, SA People, SowetanLIVE

Lees ook: AKA se pa glo meesterbrein wat moorde beplan het is nog los