Brekende Nuus
Afrikaans

Siya Kolisi sterk goed aan na handoperasie

Kolisi het verlede naweek ’n besering teen Bordeaux opgedoen.

Siya Kolisi sterk goed aan na handoperasie. Foto: Planet Rugby
Siya Kolisi sterk goed aan na handoperasie. Foto: Planet Rugby

Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, se handoperasie blyk ’n sukses te wees. Kolisi het Dinsdagaand in ’n Instagram-plasing gesê hy sal binnekort weer in aksie wees.

Kolisi het ’n operasie aan sy regterhand in ’n Franse hospitaal ondergaan nadat hy verlede naweek teen Bordeaux ’n besering opgedoen het. Hy het egter die volle 80 minute van die wedstryd gespeel.

Dit is Kolisi se tweede operasie in minder as 12 maande. Sy vorige operasie was kort voor die 2023-Wêreldbekerrugbytoernooi.

Bronne: Siya Kolisi Instagram-blad, Rugby Pass, BokSquad, IOL