Brekende Nuus
Afrikaans

Vergiftiging in Wierdapark – ses honde dood

Na bewering is vyf huise in Susan- en Elandstraat geteiken.

Vergiftiging in Wierdapark – ses honde dood. Foto ter illustrasie: Canva
Vergiftiging in Wierdapark – ses honde dood. Foto ter illustrasie: Canva

PRETORIA, GAUTENG. – Ses honde is dood en nog vyf in ’n kritieke toestand na ’n vergiftigingsvoorval in Wierdapark Saterdagnag.

Vyf huise in Susan- en Elandstraat geteiken. ’n Motorfiets is ook glo by een van die huise gesteel.

Inwoners meen die vergiftiging van die honde was ter voorbereiding vir beplande inbrake by huise. Die Wierdapark-inwonersraad (WPRA) het ’n groot rol in die bewusmaking oor die insident en belangrikheid van veiligheid onder inwoners gespeel.

Daar word gespekuleer dat die verdagtes agter afgekapte takke en in bosse weggekruip het toe veiligheidsdienste na hulle begin soek het.

Liza Vorster, voorsitter van die WPRA, sê die inwoners sal saamstaan om die woonbuurt te beveilig.

Bronne: BNN, Pretoria Rekord