Brekende Nuus
Afrikaans

Bekendes geblokkeer deur anti-Israel betoging by Oscars

Die betogers het geskree op die sterre soos hulle op pad na die Dolby-teater was.

Bekendes blokkeer deur anti-Israel betoging by Oscars
Bekendes blokkeer deur anti-Israel betoging by Oscars

Lees ook: Thabo Bester dreig om MultiChoice te dagvaar oor dokumentêr

LOS ANGELES, VSA. – Die Oscars is gisteraand opgehou deur ’n anti-Israel-betoging wat die straat voor die Dolby-teater, waar die geleentheid gehou is, blokkeer het.

Verskeie bekendes wat die 96ste Oscar-toekenningsaand bygewoon het, was laat as gevolg van betogers wat hulle pad na die Oscars blokkeer het.

Betogers het op die sterre soos hulle na die teater geloop het, geskree. Een betoger het ’n bord vasgehou waarop daar gestaan het: “Die Oscars word geborg deur babamoordenaars”.

Van die betogers het geskree: “Bevry Palestina! Skietstilstand nou!”

Die Los Angeles-polisiedepartement het ingegryp en probeer ontslae raak van die betogers.

Van die sterre het rooi borsspelde gedra om hulle ondersteuning vir ’n skietstilstand in Gaza te wys.

Bronne: Daily Mail, Los Angeles Times, The Guardian

Lees ook: Thabo Bester dreig om MultiChoice te dagvaar oor dokumentêr