Lees ook: Thabo Bester-voorverhoor uitgestel
Thabo Bester en Nandipha Magudumana het albei gesê hulle sal regsaksie teen MultiChoice neem as hulle die dokumentêr oor sy ontsnapping en inhegtenisneming wys. Hulle het gesê hulle wil die program sien voor dit gebeeldsend word.
Bester en Magudumana se prokureurs het gesê die program sal hulle daarvan verhoed om ’n regverdige verhoor te kry.
Die dokumentêr Tracking Thabo Bester sal in vier dele gewys word met die eerste twee episodes wat op 15 Maart op Showmax uitkom, gevolg deur die laaste episodes op 22 Maart.
Showmax het bekendgemaak die program sal inligting bevat oor hoekom Bester die Facebook-verkragter genoem is, hoe Magudumana op hom verlief geraak het en wie in Bester se sel dood aangetref is.
MultiChoice het gesê dit is belangrik vir die publiek om die program te sien en hulle sal die besluit om dit uit te saai, verdedig.
Bronne: My Broadband, IOL, EWN, Briefly
Lees ook: Thabo Bester-voorverhoor uitgestel





