Brekende Nuus
Afrikaans

AKA-saak tot volgende week uitgestel

Die broers Siyabonga en Malusi Ndimande, het vandag in die Manzini-landdroshof in Eswatini verskyn.  

AKA-saak uitgestel tot volgende week

fotokrediet: Skermgreep
AKA-saak uitgestel tot volgende week fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Twee AKA-moordverdagtes vandag weer in die hof

ESWATINI. – Die saak teen twee verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane is tot volgende week Woensdag uitgestel.

Die broers Siyabonga en Malusi Ndimande het vandag in die Manzini-landdroshof in Eswatini verskyn. Hulle word aangekla van moord, poging tot moord en sameswering om moord te pleeg.

Suid-Afrika het nog nie hulle uitleweringsaansoek ingedien nie en het net tyd tot 26 Maart om dit te doen.

Die ander vyf verdagtes verskyn Donderdag in die Durbanse landdroshof.

Bronne: Jacaranda FM, The Citizen, EWN

Lees ook: Twee AKA-moordverdagtes vandag weer in die hof