Brekende Nuus
Afrikaans

Seun glimlag uit hospitaalbed na pofadder hom pik

Hennie Becker van 'n plaas in die Harswater-omgewing glimlag uit 'n hospitaalbed in Kimberley nadat 'n pofadder hom gistermiddag gepik het.

Foto's: Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control
Foto's: Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control

HARTSWATER, NOORD-KAAP. – Hennie Becker, ‘n gr.-8 seun, is gistermiddag deur ‘n pofadder voor die motorhuisdeur op sy ouers se plaas op die voet gepik.

Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control het die jong seun vinnige beterskap toegewens.

Die dapper pasiënt, wat 120 km van die hospitaal bly, is deur sy ouers na ‘n hospitaal in Kimberley vervoer. Toetse is glo gedoen en teengifmiddel is toegedien.

Volgens die sosialemediaplasing het Becker se liggaam gisteraand skok, wat glo normaal is, ervaar en hy toon vandag beterskap wat swelling en die effek van die gif op sy liggaam betref.

“Vandag is als positief en sy lyf en swelling toon net positiewe nuus. Sterk wees Boeta.”

Bron: Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control