Brekende Nuus
Afrikaans

Speaker van die parlement doen aansoek vir interdik

Die speaker van die parlement sal Maandag vir die aanhoor van 'n dringende interdik teen die NVG se OD in die Pretoria-hooggeregshof verskyn.

Foto: Parlement
Foto: Parlement

Lees ook Speaker van die Parlement op spesiale verlof.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die speaker van die parlement, sal Maandag om 10:00 vir ‘n dringende aansoek vir ‘n interdik in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

Die speaker het verlede week aangekondig sy is op spesiale verlof, nadat beweringe van korrupsie gemaak en haar huis in Bruma deur die ondersoekdirektoraat (OD) van die NVG deursoek is.

Adv. Mthunzi Mhaga sê die speaker wil ‘n interdik teen die ondersoekdirektoraat van die NVG bekom om te keer dat sy in hegtenis geneem word.

“The NPA’s ID will oppose the application as we believe it is baseless and has no merit.”