AUSTRALIË. – Sikloon Olga wat op 4 April as ’n intense laagdruk in die Savu-see ontwikkel het, het Sondag amptelik kategorie 4-status bereik. Winde van meer as 220 km/h is oor die Indiese Oseaan aangeteken.
Olga het vanuit die noorde in die Indiese Oeaan na die weskus van Australië beweeg. Die storm is egter steeds oor die oseaan en sal nie die land bereik nie. Volgens voorspellings hou die sikloon geen direkte gevaar vir die kusgebiede in nie.
Die sikloon sal teen Maandagaand verder suidwes en weg van die kusgebied af beweeg.
’n Orkaan met ’n soortgelyke naam het in Oktober 2019 oor die Verenigde State beweeg.
Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media gedeel:
Bronne: Storm Science, Zoom Earth, Twitter, YouTube