Brekende Nuus
Afrikaans

Man se liggaam aan voet van krans ontdek

Die liggaam van 'n man wat aan die voet van 'n krans ontdek is, is Saterdag met 'n tousisteem na bo gebring.

Foto's: IPSS S&R
Foto's: IPSS S&R

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man se liggaam is Saterdag in die Maphumulo-area aan die voet van ‘n krans ontdek en moes na bo gebring word.

IPSS Search & Rescue sê verskeie eenhede is saam met die polisie na die toneel ontbied.

‘n Tousisteem is weens die ontoeganklikheid van die gevaarlike terrein gebruik om by die liggaam van die man uit te kom, waarna dit aan die polisie oorhandig is.

IPSS Search & Rescue sê die polisie ondersoek die voorval.