Brekende Nuus
Afrikaans

Skietery by politieke saamtrek in Limpopo word ondersoek

Skietery by politieke saamtrek in Limpopo word ondersoek fotokrediet: Canva
Skietery by politieke saamtrek in Limpopo word ondersoek fotokrediet: Canva

Lees ook: Iran se president dood in helikopterongeluk

LIMPOPO. – Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord na ’n skietery by ’n politieke saamtrek in Juju Valley.

Twee mense, onder wie ‘n 9-jarige kind, is raakgeskiet toe geweld tussen twee politieke partye uitgebreek het. Verskeie mense is ook beseer toe partylede mekaar met klippe gegooi het.

Die polisie het gesê nog sake sal moontlik geopen word soos die ondersoek aangaan.

Bronne: SAPD

Lees ook: Iran se president dood in helikopterongeluk