KWAZULU-NATAL. – Twee mans wat laas op 23 April in KwDukuza opgemerk is, is op 27 April as vermis aangemeld. Die polisie het tydens hulle ondersoek inhegtenisnemings gemaak en menslike oorskot gevind.
Kol. Robert Netshiunda sê vier verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem by die perseel van ‘n sekere privaat maatskappy waar die twee vermiste persone opgemerk is. Verdere ondersoek het hulle na ‘n afgeleë gebied in New Guilderlands gelei waar menslike oorskot gevind is.
Die DNS van die oorskot sal getoets word om vas te stel of dit aan die vermiste mans gekoppel kan word. Voertuie wat glo tydens die verdwyning van die twee mans gebruik is, is ook gekonfiskeer.
Die verdagtes sal Maandag in die KwaDukuza-landdroshof verskyn.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: