TEXAS, VSA. – Die liggaam van ’n vermiste vrou is vandeesweek in ’n krokodil se kake in die Horspen-vleiland in Texas ontdek.
Volgens die Houston-polisie was hulle op soek na ’n vrou in haar sestigs wat in die gebied vermis geraak het.
Die krokodil het ten tyde van die ontdekking al aan die liggaam geëet. Owerhede moes die krokodil skiet om te verhoed dat die liggaam meer skade kry. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bepaal of die krokodil die vrou se dood veroorsaak het.
Texas Parks and Wildlife sê dat krokodilaanvalle nie algemeen in Texas is nie. Hulle broeitydperk in Texas is tussen 1 Maart en 30 Mei.
Bronne: BBC, CBS, NBC, X
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: