SOEBATSFONTEIN. – Drie kinders is gister oorlede gevind na ’n brand op Soebatsfontein.
Die polisie het ’n vrou (25) buite ’n huis met brandwonde gevind. Drie kinders – twee meisies (8) en ’n seun (2) – is oorlede in ’n slaapkamer in die gebrande huis gevind.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.
Bronne: SAPD
Lees ook: SAPD loods soektog na kaping en poging tot moord
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: