Brekende Nuus
Afrikaans

SAPD loods soektog na kaping en poging tot moord

SAPD loods soektog na kaping en poging tot moord

fotokrediet: Canva
SAPD loods soektog na kaping en poging tot moord fotokrediet: Canva

Lees ook: SAPD-bomeenheid deursoek vliegtuig op Kaapstad-lughawe

MALAMULELE, POLOKWANE. – Die polisie in Malamulele het ’n soektog geloods na ’n kaping en poging tot moord op Donderdagaand.

’n Man (63) en sy vriend was in ’n geparkeerde grys Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie. Drie verdagtes met vuurwapens het hulle genader en beveel om uit die bakkie te klim. Een van die verdagtes het die slagoffer met ‘n vuurwapen geslaan en in die been geskiet. Hulle het hom deursoek en sy selfoon en geld gesteel.

Die verdagtes is daarna met die Hilux weg. Die voertuig is later by Mukhomi Village gekry.

Bronne: SAPD

Lees ook: SAPD-bomeenheid deursoek vliegtuig op Kaapstad-lughawe