Brekende Nuus
Afrikaans

Israel dreig Hezbollah

Israel dreig Hezbollah

fotokrediet: Canva
Israel dreig Hezbollah fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel en Hamas het kinderregte oortree – VN

ISRAEL. – Israel het gedreig hulle gaan die Lebanese Hezbollah aanval en het gesê hulle het goedkeuring vir die offensief. Die dreigement het vrese laat toeneem dat die Gaza-konflik kan uitbrei.

Hezbollah het ‘n video geplaas wat wys hoe ‘n hommeltuig van hulle oor Israelse grondgebied vlieg. Oor-en-weer-skermutselinge tussen Israel en Hezbollah is aan die orde van die dag sedert Hamas Israel op 7 Oktober 2023 aangeval het.

Israel se minister van buitelandse sake het gesê Hezbollah sal heeltemal vernietig word in ‘n “totale oorlog” terwyl Hezbollah gesê het geen plek in Israel sal veilig wees as hulle aanval nie.

Bronne: IOL, Jacaranda FM, The Guardian

Lees ook: Israel en Hamas het kinderregte oortree – VN