Brekende Nuus
Afrikaans

Israel en Hamas het kinderregte oortree – VN

Israel en Hamas het kinders se regte oortree – VN

fotokrediet: Canva
Israel en Hamas het kinders se regte oortree – VN fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel ontset 4 gyselaars, 274 Palestyne volgens Hamas dood in proses

GAZA. – Die VN het Israel se weermag, Hamas en die Palestynse Islamitiese Jihad op ‘n lys van oortreders wat kinders se regte oortree, geplaas.

Oortreders wat kinders doodmaak, beseer of vermink, word op die lys geplaas. Die VN het bevind daar was in 2023 meer as 8 000 oortredings teen 4 247 kinders in Palestina en 113 kinders in Israel.

Dit is waarskynlik dat die getalle meer sal word.

Die lys is bedoel om diegene wat daarop te verskyn te beskaam sodat hulle stappe sal neem om kinders te beskerm.

 Rusland, die Republiek die Kongo, Mianmar, Somalië en Nigerië is ook op die lys.

Bronne: BBC, CNN, AP News

Lees ook: Israel ontset 4 gyselaars, 274 Palestyne volgens Hamas dood in proses