Brekende Nuus
Afrikaans

Leeu loop los by Matsulu in Mpumalanga

Leeu gesien by Matsulu in Mpumalanga

fotokrediet: Canva
Leeu gesien by Matsulu in Mpumalanga fotokrediet: Canva

Lees ook: SA-kunstenaars wen toekennings in VSA

MATSULU, MBOMBELA. – Die inwoners van Matsulu lewe in vrees nadat ’n leeu in hulle omgewing naby die Kruger Nasionale Park gesien is.

Die leeu is laas Saterdag n Ndumbeni opgemerk nadat ‘n karkas, vermoedelik van ‘n koei, in die bosse gevind is.

Die Mpumalanga-toerismeraad (MTPA) het ’n span gestuur om na die leeu te soek. Dit is moontlik dat die dier uit die Kruger Nasionale Park ontsnap het.

‘n Woordvoerder van die toerismeraad het gesê dit is moontlik dat die leeu terug in die park is.

Bronne: Jacaranda FM, SABC, The Africa

Lees ook: SA-kunstenaars wen toekennings in VSA