Brekende Nuus
Afrikaans

Vandale onthoof standbeeld van Maria wat geboorte skenk aan Jesus

Vandale onthoof standbeeld van Maria wat geboorte skenk aan Jesus

fotokrediet: Canva
Vandale onthoof standbeeld van Maria wat geboorte skenk aan Jesus fotokrediet: Canva

Lees ook: Sneeu in verskeie provinsies verwag

LINZ, OOSTENRYK. – Vandale het ‘n standbeeld van Maria wat geboorte skenk aan Jesus onthoof. Die standbeeld het in ‘n katedraal in Linz gestaan.

Baie Katolieke het gevoel die standbeeld is lasterlik. Die standbeeld beeld Maria uit wat op ‘n klip sit en aan Jesus geboorte skenk.

Volgens die Linz-bisdom was die standbeeld deel van ‘n projek oor vroue se rolle, geslagsgelykheid en familiebeelde. Die beskadiging van die standbeeld is by die polisie aangemeld.

Dit is onbekend wie die standbeeld beskadig het en waar die kop van die standbeeld tans is.

Bronne: The Independent, CTV News, Washington Times

Lees ook: Sneeu in verskeie provinsies verwag