Brekende Nuus
Afrikaans

MK-party onttrek eers saak oor verkiesingsuitslae

MK-party onttrek eers saak oor verkiesingsuitslae
fotokrediet: Canva
MK-party onttrek eers saak oor verkiesingsuitslae fotokrediet: Canva

Lees ook: OVK wil hê MK-party se saak moet met kostes van rol geskrap word

Die MK-party het die saak teen die OVK om die verkiesingsuitslae ongeldig te laat verklaar, eers onttrek. Hulle wou oorspronklik hê die uitslae moet tersyde gestel word en ‘n herverkiesing moet uitgeroep word.

Die party se prokureurs het gister die saak onttrek. Volgens die MK-party-woordvoerder is die geveg nie verby nie en gaan hulle nog ‘n saak maak.

Nhlamulo Ndhlela het gesê hulle het nou nuwe bewyse en gaan dit gebruik in ‘n nuwe aansoek om die uitslae ongeldig te laat verklaar.

Bronne: IOL, SABC, The Citizen

Lees ook: OVK wil hê MK-party se saak moet met kostes van rol geskrap word