OVK wil hê MK-party se saak moet met kostes van rol geskrap word

Lees ook :

OVK wil hê MK-party se saak moet van rol geskrap word met kostes
OVK wil hê MK-party se saak moet van rol geskrap word met kostes fotokrediet: Canva

Lees ook: MK-partylede word vandag by NV ingesweer

Die OVK het vandeesweek ’n beëdigde verklaring by die verkiesingshof ingedien na die MK-party die hof genader het om die verkiesingsuitslae tersyde te stel.

Die MK-party beweer daar is stemme weg en hulle wil hê ’n nuwe verkiesing moet gehou word.

Volgens die OVK-hoof, Sy Mamabolo, is daar geen stemme weg nie en die MK-party het nie die regte prosedures gevolg deur ’n klagte by die OVK in te dien nie. Die MK-party het ook nie die verkiesingsuitslae teen die sperdatum teengestaan nie.

Hy het gesê die MK-party se aansoek moet met kostes van die rol geskrap word.

Die DA het ook die verkiesingshof genader om die MK-party se aansoek teen te staan. Volgens IOL het die DA gesê die MK-party het nie genoeg bewyse om te beweer daar was fout met die verkiesing nie.

Bronne: The Citizen, IOL EWN

Lees ook: MK-partylede word vandag by NV ingesweer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief