Brekende Nuus
Afrikaans

Twee verdagtes in hegtenis na roof by juwelierswinkel

Twee verdagtes in hegtenis na roof by juwelierswinkel

fotokrediet: Canva
Twee verdagtes in hegtenis na roof by juwelierswinkel fotokrediet: Canva

Lees ook: Verdagte dood in skietery met polisie

CHATSWORTH. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem na ’n juwelierswinkel in ’n winkelsentrum in Chatsworth beroof is.

’n Onbekende hoeveelheid verdagtes het Vrydagmiddag by die winkel ingestorm en skote afgevuur. ’n Koeël het ’n lid van die publiek in die gesig getref.

Die polisie het op die toneel aangekom en ’n skietery het uitgebreek waarin een polisiebeampte beseer is. Twee van die verdagtes is na ’n jaagtog op Umlazi in hegtenis geneem.

Die polisie is op soek na die ander verdagtes en ondersoek die moontlikheid dat die verdagtes deel was van ’n groep wat verlede week ’n juwelierswinkel in Phoenix beroof het.

Bronne: SAPD

Lees ook: Verdagte dood in skietery met polisie