Lees ook: Verdagtes in hegtenis na skietery op N2
EKURHULENI. – ’n Verdagte is dood tydens ’n skietery met die polisie in ’n informele nedersetting in Ekurhuleni.
’n Taakspan is na die F20 Marathon- informele nedersetting ontbied na inligting ontvang is oor verdagtes wat onwettige vuurwapens in onwettige mynbedrywighede gebruik.
Die taakspan het hulself geïdentifiseer toe hulle by die informele nedersetting aankom, maar die verdagtes het op hulle begin skiet. Die span het teruggeskiet en een van die verdagtes noodlottig gewond.
Verskeie tipes ammunisie is op die toneel gevind, asook ’n ongelisensieerde 9 mm-vuurwapen. Die saak word ondersoek.
Bronne: SAPD
Lees ook: Verdagtes in hegtenis na skietery op N2