Brekende Nuus
Afrikaans

Ruimtevaarders kan tot 2025 in ruimte bly weens Boeing Starliner se probleme

Probleme met Boeing Starliner kan beteken ruimtevaarders kom eers in 2025 terug Aarde toe

fotokrediet: Canva
Probleme met Boeing Starliner kan beteken ruimtevaarders kom eers in 2025 terug Aarde toe fotokrediet: Canva

Lees ook: Boeing Starliner steeds in die ruimte

VSA. – Die twee NASA-ruimtevaarders wat oorspronklik agt dae in die ruimte met die Boeing Starliner sou wees, gaan dalk nou eers volgende jaar in Februarie terugkom aarde toe.

NASA het verlede week erken die aandrywingsprobleme met die Boeing Starliner is moontlik meer ernstig as wat hulle eers gedink het en die ruimtevaarders gaan met ‘n ander vaartuig moet terugkom.

Suni Williams en Butch Wilmore sal moontlik saam met die bemanningslede van die Internasionale Ruimtestasie terugkeer aarde toe wanneer hulle in Februarie met nuwe bemanningslede omruil.

Bronne: Hot Hardware, CNN, New York Times

Lees ook: Boeing Starliner steeds in die ruimte