Brekende Nuus
Afrikaans

A-pokke tot openbare gesondheidsnoodgeval in Afrika verklaar

A-pokke tot openbare gesondheidsnoodgeval in Afrika verklaar
fotokrediet: Canva
A-pokke tot openbare gesondheidsnoodgeval in Afrika verklaar fotokrediet: Canva

Lees ook: Leier van Kenia-kultus in hof na meer as 400 van honger sterf

Die Afrika-sentrum vir siektebeheer en –voorkoming (CDC) het a-pokke tot ‘n openbare gesondheidsnoodgeval verklaar.

Verskeie lande in Afrika, veral die Republiek die Kongo, het ‘n uitbraak van a-pokke.

Die hoof van die Afrika-sentrum vir siektebeheer en –voorkoming, Jean Kaseya, het gesê a-pokke het nou oor grense gegaan en is daarom tot ‘n noodgeval verklaar.

Van 4 Augustus af is daar 38 465 gevalle van a-pokke aangemeld en 1 456 mense is sedert Januarie 2022 aan die siekte dood.

Bronne: EWN, The Star, All Africa

Lees ook: Leier van Kenia-kultus in hof na meer as 400 van honger sterf