Brekende Nuus
Afrikaans

Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier

Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier

fotokrediet: Canva
Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier fotokrediet: Canva

Lees ook: Hezbollah probeer Mossad in Israel aanval

Israel het Vrydag ‘n aanval op Hezbollah-vestings in die suidelike voorstede van Beiroet geloods. Sowat ses mense is oorlede en 91 gewond in die Israeliese lugaanvalle.

Volgens Israel was hulle teiken ’n Hezbollah-leier en verskeie geboue waarin wapens gestoor is, asook vuurpyllanseerders. Die Israeliese weermag het gesê hulle sal aanhou met die aanvalle.

Hezbollah het Israel met vuurpyle geteiken uit weerwraak vir die aanslag op Beiroet. Ongeveer 700 mense in Libanon is tot dusver dood in aanvalle deur die Israeliese weermag.

Bronne: BBC, CNN, Sky News

Lees ook: Hezbollah probeer Mossad in Israel aanval