Brekende Nuus
Afrikaans

Verwag vandag sneeu en donderstorms

Sneeu en donderstorms voorspel vir vandag

fotokrediet: Skermgreep
Sneeu en donderstorms voorspel vir vandag fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Hittegolf duur voort t.s.v. waarskuwings van reën en sneeu

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku teen sneeu, wind en donderstorms vir vandag.

’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms is uitgereik vir Machadodorp, Carolina, Standerton en Piet Retief. ’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge wind is vir KwaZulu-Natal uitgereik.

Die Oos-Kaap en dele van KwaZulu-Natal moet deur ‘n geel vlak 4-waarskuwing op hul hoede wees. ’n Geel vlak 2-waarskuwing vir sneeu is vir die Oos-Kaap uitgereik en ’n oranje vlak 5-waarskuwing vir erge reën vir Gqeberha.

Bronne: Saws

Lees ook: Hittegolf duur voort t.s.v. waarskuwings van reën en sneeu