Brekende Nuus
Afrikaans

Hittegolf duur voort t.s.v. waarskuwings van reën en sneeu

Hittegolf duur voort ten spyte van reën en sneeu waarskuwings

fotokrediet: Facebook
Hittegolf duur voort ten spyte van reën en sneeu waarskuwings fotokrediet: Facebook

Lees ook: Sneeu en reën ná hittegolf voorspel

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het weer ’n waarskuwing oor die hittegolf vir vandag uitgereik.

Limpopo, Mpumalanga, Gauteng, die Vrystaat, Noord-Wes en die noordelike en noord-westelike dele van KwaZulu-Natal gaan vandag nog hoë temperature ervaar.

Waarskuwings vir erge donderstorms is vir KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap uitgereik, met sneeu wat vir die Oos-Kaap voorspel word.

Bronne: Saws

Lees ook: Sneeu en reën ná hittegolf voorspel